Visums: Elke dag raak nóg 150 agter

Die departement van binnelandse sake se agterstand met die uitreiking van visums groei elke dag met tot 150 omdat hulle net die helfte van daaglikse aansoeke kan verwerk. 

 Só sê Phindiwe Mbhele, ’n direkteur in die departement. Volgens hom ontvang die departement sowat 300 visum-aansoeke per dag, maar kan net 120 tot 150 per dag uitreik.